Erongo-polisie soek steeds na Robby Michael

Dit is byna drie maande na die verdwyning van die 53-jarige Robby Michael, wat op 10 September as vermis aangemeld is nadat hy by Myl 72 gaan visvang het. Sy voertuig is in die see gevind, erg beskadig. Daar was gerugte van ‘n jaagtog deur die strate van Hentiesbaai die nag voordat hy verdwyn het en dat hy beroof was, maar die polisie in die Erongo-streek sê hul navrae daaroor het niks opgelewer nie. Daar is gerugte dat Michael moontlik verdrink het, maar die polisie ondersoek nog die saak. Kosmos 94.1 Nuus het met inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie oor die jongste gepraat.