Klopjag op loterykantore in Kimberley uitgevoer

Die Spesiale Ondersoekeenheid in die buurland het vanoggend op die Nasionale Loteryekommissie se kantoor in Kimberley in die Noord-Kaap toegeslaan nadat ‘n uitwinningslasbrief en lasbrief om die perseel te deursoek in die landdroshof in Kimberley bekom is. ‘n Woordvoerder van die Spesiale Ondersoekeenheid, Kaizer Kganyago, sê die klopjag is deel van ‘n bestaande ondersoek na die kommissie se werksaamhede. Die Spesiale Ondersoekeenheid het verlede week aan die parlement gesê hy het 12 van 50 sake in die eerste fase van sy ondersoek na die misbruik van fondse afgehandel. Kganyago sê tot dusver is op rekernaars en dokumente beslag gelê: