Delta-variant van Covid-virus teenwoordig in Namibië

Die Namibiese gesondheidsministerie het pas bevestig dat die Delta-variant van die Covid-virus in Namibië is. Volgens Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van die ministerie, is die Delta-variant in 17 uit 18 monsters van positiewe Covid-gevalle in die Khomas-streek gevind. Hy het gesê die variant kan ook in ander streke in die land teenwoordig wees. Op 3 Julie was die Delta-variant wat in Indië ontstaan het, reeds in 98 lande wêreldwyd teenwoordig. Kosmos 94.1 Nuus het met die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula gesels.