Mandela se brief onder die hamer

‘n Brief wat deur voormalige president Nelson Mandela en 23 ander Rivonia-verhoorafwagtendes onderteken is, en waarin hulle vra vir fondse om hul verraadverhoor se regsuitgawes te dek, sal môreaand onder die hamer wees op ‘n veiling deur ‘n Britse onderwystrust. Die brief word op 34 000 Namibiese doller gewaardeer en die hoogste bod wat tot dusver ontvang is, is 25 000 doller. Die veiling word deur die Canon Collins Trust aangebied en is daarop gemik om jong Suid-Afrikaners te ondersteun. Die opbrengs sal gebruik word om oplossings te vind vir die klimaatsveranderingskrisis.