SAL se uitdagings nie deur Covid veroorsaak nie

Die buurland se metaalwerkersvakbond Numsa sê die pandemie het nie die Suid-Afrikaanse Lugdiens-Tegnies se finansiële probleme veroorsaak nie. Sy inkomste was in Maart 43 miljoen Namibiese doller, 83 persent minder as ‘n jaar gelede toe dit sowat 246 miljoen doller was. SAL-Tegnies oorweeg ook om meer as ‘n duisend werknemers af te lê. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlobi-Majola, sê die pandemie het bloot die bestaande probleme vererger: