Maltahöhe is in sak en as

Die LPM-party se Sekretaris vir Operasies Edson Isaaks sê Maltahöhe verval in armoede met ‘n werkloosheidsyfer van 70 persent. Volgens Isaaks belê die sentrale regering nie in die dorp se infrastruktuur nie en dus is ‘n redelike stedelike bestaan nie meer moontlik nie. Hy sê die meerderheid inwoners is uitgelewer aan maatskaplike toelae om te oorleef omdat daar geen geleenthede is nie. Maltahöhe het ongeveer 8 000 inwoners. Wat in die suidelike dorp voorkom is die geval in talle dorpe regoor die land, veral dorpe wat nie op die hoofroetes is nie.