Man wat op renoster se rug ry lok wyd reaksie uit, alles sleg

‘n Video wat op die sosiale media-platform Unilad gedeel is, is wyd versprei en het groot reaksie uitgelok. ‘n Man word vertoon waar hy op die rug van ‘n renoster ry en Unilad het dit beskryf as Namibië se Uber-diens. Bewaringskenners meen dit stuur die verkeerde boodskap en daar word gemeen dat die makmaak van die diere nie nodig is vir hulle bewaring nie en inteendeel, meer skade veroorsaak. Jaco Muller van die Rhino Momma-projek stem saam met die sentiment.