Man vermoor nog ‘n meisie, weer skuldig

‘n Man wat vir die tweede keer skuldig bevind is aan moord sal weer die komende  Vrydag in die hof verskyn vir sy voor-vonnisopleggingsverhoor. Petrus Hoxobeb, 58, het twee van sy meisies vermoor. Die eerste was die moord van sy meisie in November 1993 in Gobabis toe hy haar met ‘n mes buite ‘n shebeen doodgesteek het. Hy is 15 jaar tronkstraf opgelê en is na net meer as tien jaar op parool vrygelaat. Hy is verlede week vir ‘n tweede keer skuldig bevind van die moord op Josephine Afrikaner, 26, wat hy ook met ‘n mes doodgesteek het op Gobabis op 14 Julie 2019. Hoxobeb het aan die hof gesê Afrikaner wou die verhouding beëindig en hy het geweier om dit te aanvaar.