Man van vermoorde dominee hospitaal toe ná hy in suikerrietland gevind is

Die man van die vermoorde dominee van KwaZulu-Natal, Liezel de Jager, is hospitaal toe geneem nadat hy vanoggend gevind is. Hy was vier dae lank vermis. Werner de Jager het die naweek verdwyn nadat sy vrou vroeër die maand buite hulle huis in Amanzimtoti verwurg is. Kyle van Reenen van Emer-G-Med sê ‘n boer het De Jager se motor in sy suikerrietland naby die dorp opgemerk.