Landbou-kenner sê waarom voedselpryse tydens pandemie gestyg het

‘n Namibiese landbou-kenner gee sy mening oor voedselprysstygings tydens die Covid-pandemie. Twee uit vyf huishoudings het aangedui dat hulle ‘n hele dag nie geëet het nie en 61 persent het nie voldoende kos geëet nie. Dit is volgens die Namibiese Statistieke Agentskap se jongste studie oor die impak van die Covid-pandemie op huishoudings en die ekonomie. Wallie Roux verduidelik waarom voedselpryse gestyg het.