Pistorius sal parool voor einde ’22 ontvang, maar nie in Augustus nie

Oscar Pistorius, die voormalige Suid-Afrikaanse Paralimpiese superster, word nie vandeesmaand op parool vrygelaat nie, maar waarskynlik teen die einde van die jaar, volgens dr. Pixie du Toit, ‘n forensiese kriminoloog. Oscar Pistorius is in 2016 vir 13 jaar tronk toe gestuur vir die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp. Du Toit sê aan Kosmos 94.1 Nuus Pistorius hy sal beslis nie Vrouemaand vrygelaat word nie.