Man skiet nege mense dood by skool in Rusland

‘n Russiese komitee van ondersoek het bevestig ‘n gewapende man het vandag nege mense doodgeskiet in ‘n skool in die hoofstad van die Udmurtia-streek oos van Moskou, Izhevsk, voordat hy homself om die lewe gebring het. Onder die slagoffers is vyf kinders, twee onderwysers en twee sekerheidswagte. Die plaaslike tak van die ministerie van binnelandse sake sê die polisie het die liggaam van die aanvaller op die toneel gevind. Die komitee sê die motief vir die skietery is nie duidelik nie.