Beroep op SA regering om skole van beurtkrag vry te stel

Die Nasionale Vereniging van Skoolbeheerliggame in die buurland doen ‘n beroep op die regering om skole van die deurlopende kragonderbrekings vry te stel. Dit volg nadat daar oproepe was vir die beskerming van mediese geriewe teen kragonderbrekings. Die vereniging sê kragonderbrekings het ‘n verwoestende uitwerking op skoolopleiding, veral sedert skole tegnologiese toerusting gebruik wat krag benodig om te funksioneer. Die vereniging se woordvoerder, Matakanye Matakanya, sê as skole nie vrygestel word nie, moet die regering alternatiewe kragbronne verskaf.