Man op sosiale media is aangeval en dit het so gebeur…

Die Namibiese polisie se woordvoerders dra geen kennis oor ‘n plasing op sosiale media van ‘n man van Gobabis wat skynbaar aangeval is deur ‘n taxi bestuurder en wie se keel raak gesny is. Kosmos 94.1 Nuus het die voorval bevestig met die slagoffer wat anoniem wil bly. Hy sê hy is aangeval by ‘n inkopiesentrum in die hoofstad na wat vermoedelik ‘n padwoede insident was in die parkeer area. Hy het ‘n klag gelê. Volgens plasings op sosiale media was dit ‘n taxi bestuurder maar, die man het bevestig dit was nie. Hy het ten volle herstel.