Kanadese kinders kan Pfizer-entstof ontvang

Kanada het die gebruik van die Pfizer/BioNTech Covid-19-entstof vir kinders tussen 12- en 15-jaar goedgekeur en die eerste land in die wêreld geword om dit te doen. Kanada het meer as 1,2 miljoen korona-virus gevalle en sowat 20 persent van hulle is jongmense onder 19. Die land se federale gesondheidsdepartement sê die Pfizer-entstof is veilig en doeltreffend vir die jonger ouderdomsgroep. Die Amerikaanse Voedsel en Medisyne-owerheid sal na verwagting dieselfde doen.