Man met gesteelde voertuig by  Dordabis vasgetrek

‘n Man is met ‘n gesteelde voertuig van Aranos naby Dordabis by D1223-C15-padaansluiting deur die polisie van die Hardap-streek in hegtenis geneem. Verskeie gesteelde items is saam met die Toyota-bakkie teruggevind, wat nog in ‘n goeie toestand. Dit sluit in ‘n kluis waarmee gepeuter is, jaggewere en ‘n pistool, elektriese ware, ‘n kamera, 40 liter diesel en 500 Namibiese dollar in kontant. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van Nampol gesels met Kosmos 94.1 Nuus.