T20-reëls verander as reën eindstryd onderbreek
Krieket: Die organiseerders van die T20 Wêreldbeker het die reëls vir Sondag se eindstryd in Melbourne gewysig, om meer tyd toe te laat indien reën spel onderbreek. Engeland kom Sondag teen Pakistan te staan en Maandag is as ʼn bykomende dag opsygesit. Reën word op albei dae verwag en twee uur is bygevoeg sodat spel tot laat Maandagaand kan voortgaan. Indien ʼn wedstryd van 10 beurte elk nie gespeel kan word nie, sal Engeland en Pakistan die titel deel.