Man gevang met 1,2 miljoen-rand se diamente

‘n Nege-en-dertigjarige man is op Worcester in die Boland in Suid-Afrika aangekeer in verband met die besit van diamante van 1,2-miljoen-rand. Die polisie het inligting ontvang oor ‘n persoon wat op pad was om ‘n diamanttransaksie met ‘n plaaslike huurmotorbestuurder te beklink. ‘n Polisie-woordvoerder, Joseph Swartbooi, sê beamptes het die man agtervolg en na hulle hom deursoek het, gearresteer.