Jaco Minnaar is die nuwe president van Agri-SA

Agri SA se nuwe president is ‘n mielie-, sojaboon- en aartappelboer van Hennenman in die Vrystaat. Jaco Minnaar is reeds jare lank aktief betrokke by Agri SA en het as voorsitter van Graan SA gedien. ‘n Katoen- en groenteboer van die Makahatini-vlakte in KwaZulu-Natal, Phenias Gumede, is tot eerste adjunkpresident verkies. Hy is deel van Kwanalu se leierskap en visepresident van Katoen SA. ‘n Besproeiingsboer van die Hopetown-distrik in die Noord-Kaap, Nicol Jansen, is verkies tot tweede adjunkpresident.