Geingob sê Covid-pandemie versterk haatspraak

Namibiese President Hage Geingob het vandag in sy aanlyntoespraak tydens die wêreldwye ministeriële konferensie oor haatspraak gesê die Covid-pandemie het bestaande bekommernisse oor die verspreiding en gebruik van haatspraak wêreldwyd versterk. Dit het ook nuwe kwesbare groepe geskep wat deur haatspraak geteiken word. Geingob sê ons moet dus verseker dat onderwys en opleiding, veral by skole, insluitend via aanlyn platforms, ook Covid-verwante haatspraak en vals en verkeerde inligting deur kritiese denke, sosiale en emosionele vaardighede getakel word.