Man dagvaar Paaieowerheid na hy motor in slaggat afskryf

Angaleni Asipala dagvaar die Paaieowerheid nadat sy Toyota Fortuner op die C44 grondpad afgeskryf is na dit ‘n slaggat getref het. Hy eis net meer as N$165 000 in skadevergoeding. In sy stukke voor Regter Eileen Rakow sê hy, hy het op 3 Augustus verlede jaar, op pad na Maroelaboom, die ongeluk gehad. Daar was volgens hom geen waarskuwingsborde aangebring nie en hy sê dit is die verantwoordelikheid van die Paaieowerheid om die land se paaie te onderhou. Sy voertuig was net minder as 230 000 doller werd en hy het net meer as 76 000 doller vir die voertuig as skrootmetaal ontvang. Die insleepkostes het 12 000 doller beloop en dus eis hy 165 612 doller. Die owerheid verdeding die saak wat vandag voor Regter Rakow is vir saakbeplanning.