McHenry gesels met Saara oor NBC

Die leier van die PDM-party McHenry Venaani sal vanmiddag om 3-uur virtueel met die Eerste Minister Dr Saara Kuugongelwa Amadhila vergader oor die voortslepende staking by die nasionale uitsaaier die NBC. Volgens Venaani word veral landelike gemeenskappe deur die staking beïnvloed omdat die gemeenskappe staatmaak op inligting in hulle moedertaal. Daar was reeds klagtes veral van die twee Kavango-streke met streeksleiers wat sê pensioenarisse het geen inligting in verband met die betaling van pensioengeld nie. Venaani het op sy sosiale media platforms gevra dat lede van die publiek insette lewer oor hoe om die dooiepunt op te los.