Minister veroordeel plundery in KZN

Die Suid-Afrikaanse minister van verdediging, Thandi Modise, sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal saam met die polisie werk om die plundery in die vloedgeteisterde KwaZulu-Natal te keer. Meer as 300 inwoners het gister ‘n Shoprite-vragmotor voorgekeer en besteel. Verlede week is 12 mense vasgetrek nadat hulle ‘n winkel in Umlazi geplunder het. Modise sê 10 000 soldate is in KZN ontplooi om te help met herstelpogings: