Man, 31, vas vir twee olifanttande

Die polisie op Divundu het ‘n 31-jarige man in hegtenis geneem vir die besit van twee olifanttande. Die man is by die sogenaamde Buffalo-padblokkade naby Mukwe in die Kavango Oos-streek gearresteer tydens wat as ‘n spesiale operasie beskryf word. Die verdagte sal na verwagting Maandag in die hof op Rundu verskyn op klagte van die besit van en handel in beheerde wildlewe-produkte.