Bulle, Stormers wen oortuigend

Die Bulle het Exeter gisteraand in ‘n Kampioenebeker-wedstryd op Loftus Versfeld in Pretoria met 39-28 geklop. Hulle het ‘n bonuspunt gekry deur ses drieë te druk, teenoor vier deur die besoekers. In ‘n vroeër wedstryd op Kingspark het die Sharks Bordeaux Begles oorrompel en ‘n oortuigende oorwinning van 32-3 behaal. Hulle het die eerste Suid-Afrikaanse span geword wat amptelik na die ronde van 16 deurgedring het. Hulle het ook hul onoorwonne rekord in die Kampioenebeker behou, met een groepwedstryd nog oor.