Toename in smokkel van biodiversiteit in Namakwaland

Die Noord-Kaapse LUR vir omgewingsake, Mase Manopole, lei van vandag tot Donderdag ‘n bewusmakingsveldtog oor die onwettige versameling van biodiversiteit in die Namakwa-distrik. Dit volg na die onlangse toename in die smokkel van skaars en bedreigde spesies. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê hierdie onwettige aktiwiteite gaan dikwels gepaard met georganiseerde misdaadsindikate soos dwelmsmokkelaars met internasionale netwerke.