Malvalekker-planeet ontdek

Sterrekundiges het ‘n planeet met die gemiddelde digtheid van ‘n malvalekker ontdek. Daar word berig wetenskaplikes het bepaal die planeet wat wentel om ‘n ster buite die sonnestelsel, en wat omtrent so groot soos Jupiter is, sal ook dryf indien dit hipoteties gesproke in ‘n reuse bad water gesit sou word. Sterrekundiges het met die Kitt Peak Nasionale Sterrewag-teleskoop in Arizona, Amerika, ‘n ongewone planeet opgemerk in ‘n wentelbaan om ‘n koue rooi dwerg-ster. Dit is ongeveer 580 ligjare van die aarde en is die planeet met die laagste digtheid wat nog ooit rondom ‘n rooi dwerg-ster waargeneem is.