Malvalekker-planeet lok wyd reaksie uit

Reaksie word ontvang op die ontdekking van ‘n planeet wat die digtheid van ‘n malvalekker het. Wetenskaplikes sê die planeet wat wentel om ‘n ster buite die sonnestelsel, en wat omtrent so groot soos Jupiter is, sal ook dryf indien dit hipoteties gesproke in ‘n reuse bad water gesit sou word. Dit is ongeveer 580 ligjare van die aarde en is die planeet met die laagste digtheid wat nog ooit rondom ‘n rooi dwerg-ster waargeneem is. Dr. Riaan Steenkamp, die hoof van die fisika-departement by Unam sê dit is nie net uiters interessant nie, maar ook baie opwindend. Hy verduidelik.