Lewenskostes: Dis nou te laat maar regering het jare terug ‘n kans gehad

Daar is ongelooflike druk op huishoudings en besighede en lewenskostes styg daagliks. Alhoewel dit regoor die wêreld die geval is, is Namibië baie kwesbaar en kan nie werklik stappe neem om skokke te buffer nie. Die navorser van die Ekonomiese Beleidsnavorsing-vereniging, Eben de Klerk sê daar’s nou nie salf te smeer nie, maar, as die regering se beleid ‘n paar jaar gelede reg was, sou daar meer beweegruimte gewees het.