Drie kernbeleggings kan ongelooflike ekonomiese voordele inhou – VN

Die Verenigde Nasies se bevolkingsfonds se jongste internasionale navorsing het interessante resultate getoon. Die fonds het gekyk na drie transformerende strategieë om opbrengste teen 2050 mee te bring. Vir elke Amerikaanse dollar wat belê word om voorkombare moedersterftes teen 2030 te beëindig sal ekonomiese voordele van 8,4 Amerikaanse dollar teen 2050 meebring. Elke dollar wat belê word om vroulike genitale verminking teen 2030 te beëindig, sal ekonomiese voordele van 10,1 dollar teen 2050 inhou, en elke dollar wat belê word om kinderhuwelike teen 2030 te beëindig, sal teen 2050 ekonomiese voordele van 33,6 dollar inhou.