Eskom pas fase 4-beurkrag tot middernag toe

Eskom gaan fase 4-beurtkrag toepas tot middernag. Dit skuif op vanaf fase 3 wat weer vanaf vyf-uur môreoggend van krag sal wees. Die kragvoorsiener verwag egter dat laer fases tot die naweek toegepas sal word. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê as enigiets in die tussentyd verander, sal die fases soos nodig aangepas word.