Malema se ‘Kill the Boer’ uitspraak vandag verwag

Die Hooggeregshof in Johannesburg sal na verwagting vandag uitspraak lewer in AfriForum se siviele saak teen die EFF-leier, Julius Malema, en sy leierskap, vir die sing van die “Kill the Boer”-liedjie by verskeie geleenthede. Die drukgroep wil hê die rooi pette moet in die openbaar om verskoning vra en skadevergoeding betaal vir die sing van die anti-apartheidslied. Malema het in Februarie getuig hy het die liedjie as ‘n jong vryheidsvegter geleer en dit was nooit bedoel om letterlik opgeneem te word nie.