Vermeende Saron moordenaar weer in die hof vandag

Die vermeende moordenaar van die 28-jarige verpleegstudent Charmaine Saron van Rehoboth, verskyn vandag weer in die Windhoek-landdroshof in Katutura. Die 33-jarige Erick Uwuseb is ná haar gru-moord op Keetmanshoop in hegtenis geneem en aangekla van moord en dwarsboming van die gereg. Saron se liggaam met 24 meswonde is in Junie naby die Hosianna Kerk in Katutura gevind en die moord het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. Uwuseb is steeds in aanhouding.