Landbou vee hom aan groenskemas af – Tweya

Die Swapo LP Tjekero Tweya sê die landbouministerie neem nie die land se groenskemas ernstig op nie. Hy het as voorsitter van die staande parlementêre komitee op natuurlike hulpbronne, besoek afgelê aan verskeie skemas in die Noorde. Volgens hom is daar baie toerusting maar die meeste is stukkend sonder die nodige onderdele of tegnici om die herstelwerk te doen. Van die toerusting is splinternuut maar word nie gebruik nie omdat daar geen nut vir dit is nie as gevolg van swak produksie-vlakke. Hy sê bestuurders en boere wil werk maar die nodige infrastruktuur ontbreek. Daar is ook vertragings in oeste omdat dit maande vat om ‘n versoek vir tydelike werkers goed te keur. Daar is verlede week berig dat werkers by Ndonga Linena vir vier jaar betaal is sonder dat enige werk uitgevoer is.