Ramaphosa sê mans- en vroue-sokkerspelers moet dieselfde verdien

Sokker: President Cyril Ramaphosa het Banyana Banyana by die Uniegebou in Pretoria ontvang ter viering van hulle oorwinning by die 2022 Afrika-nasiesbeker vir Vroue. In sy toespraak het Ramaphosa dit duidelik gemaak hy voel dit is onregverdig dat mans-sokkerspelers meer as vroue verdien. Ramaphosa het bygevoeg baie meer moet gedoen word om te verseker Suid-Afrikaanse vroue verdien op dieselfde vlak as mans. Die President sê ongelyke betaling moet uitgeroei word.