Malawi herstruktureer sy US$1,2 miljard se skuld

Malawi is op koers om sy eksterne skuld van 1,2 miljard Amerikaanse dollar by verskillende leners na “volhoubare vlakke” te herstruktureer. Die land se sentrale bank sê die grootste deel van die skuld – 800 miljoen dollar – is by Afreximbank en terugbetalings het in 2020 begin. Volgens die bank is onderhandelings in die verband baie positief. Die diens van die skuld en ander lenings is beperk deur die gebrek aan buitelandse valuta.