Noord-Kaap se entstowwe is nie op

Die Noord-Kaapse LUR vir landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming, Mase Manopole, het boere in die provinsie verseker dat daar genoeg entstof is om die verspreiding van alle dieresiekte-uitbrekings te stuit. Boere word gevra om nie paniekerig raak oor verskeie berigte dat die provinsie se diere-entstowwe opgeraak het nie. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê Onderstepoort Biologiese Produkte het hulle verseker dat hulle genoeg entstof beskikbaar sal hê.