Groot herdenking van Internasionale Week van Dowes in Namibië

Die Wêreldfederasie van Dowes vergader vir die eerste keer ooit in Namibië om fees te vier en te beraadslaag oor kwessies wat dowe mense raak. Internasionale afgevaardigdes van die dowe gemeenskap kom in Windhoek byeen om die Internasionale Week van Dowes die week te herdenk. Die herdenking, wat deur die Verenigde Nasies ingestel is, het ten doel om die eenheid wat deur gebaretaal gegenereer word, uit te lig en bewustheid te skep. Voorspraak vir die erkenning van gebaretaal as ‘n nasionale amptelike taal in Namibië, sal ook aandag geniet.