Geingob kan by Ramaphosa leer

Kenners meen dat die Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa ‘n goeie voorbeeld vir President Hage Geingob is. Ramaphosa het die week voor die Zondo-kommissie getuig, terwyl die voormalige president, Jacob Zuma alles in sy vermoë doen om dit te vermy. Intussen het Namibië die Fishrot-skandaal en Geingob is op rekord dat hy regsadvies ingewin het om nie daaroor kommentaar te lewer nie. Die Politieke Ontleder Dr Ndumba Kamwanyah sê dit is presies Geingob se stilte wat die probleem veroorsaak…