Maine-polisie soek steeds na skieter

Die polisie in Maine beplan om die Androscoggin-rivier met duikers en sonars te fynkam in hul soektog na weermagreservis Robert R. Card, wat hulle vermoed die massaskieter is wat 18 mense by ‘n kroeg en rolbalbaan in Lewiston vermoor het. Deel van die soektog het op regstreekse televisie afgespeel toe amptenare verskeie deursoekingslasbriewe uitgevoer het in die naburige dorp Bowdoin, waar Card woon. Mike Sauschuck, die Maine-departement van openbare veiligheid se kommissaris, het op ’n perskonferensie gesê ’n nota is tydens ‘n soektog by sy huis gevind, maar wou nie sê wie dit geskryf het of wat dit sê nie.