Mahangu-oes stel teleur

Mahangu-boere in die noorde van Namibië is tans besig om te oes, maar nie alle boere sal goeie mahangu-oeste oplewer nie. Dit is te wyte aan die sprinkane wat die meeste van hul gewasse opgevreet het. Volgens die voormalige Namibiese eerste minister, Nahas Angula, wat ook ‘n boer is, word nie groot oeste vanjaar verwag nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.