1926-briefie in bottel gevind

‘n Boot-kaptein van Michigan in Amerika het ‘n boodskap in ‘n bottel gevind wat in 1926 geskryf is. Jennifer Dowker het aan internasionale media gesê sy het die bottel gevind terwyl sy geskubaduik het en toe die briefie binne-in opgemerk. Daarin staan: “Will the person who finds this bottle return this paper to George Morrow in Cheboygan, Michigan and tell where it was found?” Morrow se dogter, wat gebore is 20 jaar nadat die briefie geskryf is, het ‘n inskrywing daaroor gesien en haar pa se handskrif herken. Die nota is nou in haar besit.