Staatsrede gaan dalk oor groen waterstofprojek en olie-ontdekking lei

‘n Namibiese ekonoom voorspel die hooftemas van President Hage Geingob se staatsrede Woensdagmiddag voor die twee huise van die parlement lewer. Geen groot aankondigings, van byvoorbeeld verhogings in toelae word verwag nie, omdat die heersende ekonomiese toestande dit nie toelaat nie. Verlede jaar se staatsrede was gekenmerk deur chaos wat uiteindelik die skorsing uit die huis van die twee leiers van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb tot gevolg gehad het. Namibiese ekonoom Cons Karamata sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy verwag dat die President twee van Namibië se grootste projekte nog, die waterstofprojek en die olie-ontdekking in die land, sal bespreek.

Karamata het ook gesê hy verwag dat die President ‘n positiewe boodskap uitstuur ná die Covid-ontwrigting en die oorlog in die Oekraïne.