Maga-Republikeine bedreig demokrasie – Biden

Alle oë is volgende week Dinsdag op die VSA met sy middeltermyn verkiesing. Dit word as uiters belangrik vir beide die Demokrate en die Republikeine geag omdat beheer van die Huis van Verteenwoordigers, sowel as die Senaat op die spel is. Die Amerikaanse President Joe Biden sê demokrasie word bedreig, nie as gevolg van die Republikeinse-party nie maar as gevolg van oudpresident Donald Trump se Make America Great Again, of te wel, Maga-Republikeine.