Rafa in Parys uitgeskakel

Die 22-malige grand slam-kampioen Rafael Nadal is in die tweede ronde van die Paryse Meesters uitgeskakel. Die Amerikaner Tommy Paul het die grootste oorwinning van sy loopbaan behaal toe hy die Spanjaard met 3-6, 7-6 en 6-1 verslaan het. Die Rus, Daniil Medvedev, het ook ‘n verrassende nederlaag gely teen Alex de Minaur van Australië. Paul sê dit was ‘n spesiale gevoel om Nadal te klop: