Produsente in die Kunene-streek het steeds droogtehulp nodig

Die droogtegeteisterde Kunene-streek het nog steeds droogtehulp nodig. Vroeër vanjaar het die Namibiese Regering ingegryp en droogtehulp geskenk, maar die streek se nood is steeds hoog. Volgens ‘n boer in die streek, Dudu Murorwa, het die gemeenskappe in die Kunene steeds hulp nodig soos hy aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.