DA besoek erfenisterreine on instandhouding te evalueer

Suid-Afrika sukkel nes Namibië om sy erfenisgebiede in stand te hou. Die DA in Gauteng onderneem vandag ‘n toesig-inspeksie by die OR Tambo-kultuurgebied in Benoni, Ekurhuleni. Die gebied is deur die bewaarder van erfenisterreine, die provinsiale Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, verwaarloos. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Kingsol Chabalala, sê die party gaan die toestand van die infrastruktuur beoordeel en met ‘n voorstel vorendag kom oor hoe hierdie erfenisterrein opgeknap en bemark kan word: