Madeleine McCann: Verdagte geïdentifiseer

Portugese owerhede het bevestig dat die veroordeelde Duitse verkragter, Christian Brueckner, amptelik beskou word as ‘n verdagte in verband met die verdwyning van die Britse kleuter, Madeleine McCann, in 2007. Dit is die eerste keer dat Portugese aanklaers amptelik ‘n naam bekend maak sedert hulle in 2007 Madeleine se ouers, Gerry en Kate McCann, verdink en ondersoek het. Hulle is later van alle blaam onthef. Madeleine het verdwyn terwyl sy saam met haar ouers in Praia da Luz in Portugal vakansie gehou het.