Zim vra Zambië vir krag, sukkel met Eskom

Zimbabwe ondersoek volgens berigte nuwe kragvoorsieningsooreenkomste met Zambië, terwyl Eskom groot kragopwekkings-uitdagings ondervind. Zimbabwe het ‘n bestaande voorsieningsooreenkoms van 100-megawatt met Eskom, maar die toevoer is onderbroke. Zimbabwe se minister van Energie, Soda Zhemu, word aangehaal en sê die huidige situasie in Suid-Afrika het hulle gedwing om met Zambië te onderhandel om die bykomende energie in te voer. Sake-eienaars in Pretoria kla oor kragtoevoer wat nie onmiddellik herstel word nie en sê dit dra by tot hulle frustrasies. Sommige sake-ondernemings sê die situasie word erger tydens fases drie- en vier-beurtkrag. Hulle beskuldig die Stad Tshwane en City Power dat hulle nie by die rooster hou nie. Isaac Mangena van City Power sê daar is verskeie faktore wat bydra tot die vertragings: