Macron loop voor, vir nou

Emmanuel Macron het die eerste ronde van die Franse verkiesing met 27,6 persent van die stemme gewen teenoor die 23 persent van die verregse Marine Le Pen. Dit is volgens die aanvanklike geprojekteerde uitslae. Macron het vyf jaar gelede beter gevaar in die eerste ronde. Een uit vier jong kiesers het die president gesteun terwyl Le Pen die beste gevaar het in die ouderdomsgroep van 35-tot-64-jaar. Die twee kom op die 24ste van die maand weer teen mekaar te staan.